Genesis 1:27-28; 2:15

Datum: 24 Februarie 2019 (Aanddiens)

Prediker: Hannes Burger

Preekskets

Inleidende opmerking oor Genesis 1-3

  • Dis 'n gedig, en moet soos 'n gedig gelees word!
  • As jy 'n gedig soos 'n geskedenisboek lees, gaan jy die punt mis.

Wat wil Genesis 1 dan vir ons sê?

  • Dit gaan oor die lof van die Skepper, wat als so wonderlik gemaak het.
  • Maar dit wil ook vir ons iets vertel van die mens, wat God gemaak het:
    1. Die mens is uniek in die skepping: niemand anders is as beeld van God gemaak nie.
    2. Die mens is al wese wat gemaak is om in 'n verhouding met God te lewe.
    3. Die mens is al wese wat 'n roeping het: om God te verteenwoordig in Sy skepping.

Kom ons praat bietjie hieroor:

  1. Uniekheid van die mens:
    • Die mens is nie soos 'n dier nie:  Hy het 'n geestelike dimensie.
    • Hy het ook 'n rasionele dimensie: Hy kan vir homself dink!
    • Hy het ook 'n morele dimensie: Hy kan reg en verkeerd onderskei!
  2. Die mens het 'n verhoudingsdimensie:
    • Daar is 'n onlosmaaklike band tussen God en mens.  Jy kan Hom ontken en loën, maar jy kan nooit loskom van Hom nie.  Daar is iets in ons wat 'n god soek, selfs in absurde dinge.
    • Terwyl die mens wegkruip vir God, luister hy tog of hy nie Sy stem hoor nie......
  3. Die mens is 'n geroepe wese:
    • God het sy skepping aan hom toevertrou.
    • Daarom is hy in alles aan God verantwoordelik.

Wat sê dit alles dan vir ons ?

  • Ons is gemaak om in 'n verhouding met God te lewe.
  • Ons is gemaak om aan Hom verantwoordelik te wees.
  • Daarin lê ons lewensgeluk!