Matteus 21:1-11

Datum: 13 April 2025

Prediker: Johan Janse van Rensburg

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Palmsondag is die begin van Groot lydensweek of Heilige week waarin ons Jesus se voetspore volg tot by Paasfees. Dit is ‘n week waarin ons onsself voorberei om op die ou einde Goeie Vrydag te beleef en Opstanding Sondag te vier met voorbereide harte.

 

Ons lees dat Jesus uiteindelik in Jerusalem aangekom het. Hy was laas in Jerusalem as ‘n klein seuntjie. Hy was nog net een maal van te vore in Jerusalem en dit was ook tydens die Pasga. Die stad was juis vol mense, Pelgrims, van regoor en nou kom Jesus ook hier aan. Baie mense het nog nie van Hom gehoor nie. Ons lees dan van ‘n donkie, palmtakke, klere wat oopgegooi word voor Jesus en mense wat sing.

 

In vers 10 word die vraag gevra: “Wie is hierdie man?” Die skare antwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea.” “Wie is Jesus?” Is ‘n vraag wat gelowiges tot vandag toe nog antwoord. In die gedeelte is daar twee groepe. Die wat nie vir Jesus ken nie en die wat dink hulle weet wie Hy is. Ongeag die vraag bly: Wie is hierdie man? Ook vir elkeen van ons. Wie is Jesus vir my en jou? Wat soek ons by hierdie man?

 

Baie mense was opgewonde want hulle het geglo hier kom ‘n politieke bevryder, maar in plaas daarvan dat Jesus die Romeine met ‘n oormag aanval ry Hy met ‘n donkie in Jerusalem binne. Hy maak ‘n duidelike standpunt. My koninkryk is nie van hierdie wêreld. Wat Jesus bring en wat Jesus gee is nie belangrik nie. Wie Jesus is is belangrik. Wie is hierdie man vir jou?