Deut 6:4-9, Ps 78:3-7
Datum: 25 Januarie 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
ONS HET OUMANNE NODIG WAT JONGMANNE LEER HOE OM SELF EENDAG OUMANNE TE WEES
- Dit is wat in die Ou Nabye Ooste gebeur het. Ouers – veral vaders, het die kinders onderrig deur die verhale van God se omgee en sorg met die kinders te deel. Vriende vanoggend wil ek oor verantwoordelikheid gesels en meer spesifiek oor wie die eerste stem in ons kinders se lewens is. Is dit ’n digitale stem, of behoort daardie stem aan ’n pa of ‘n ma?
- Vanoggend word jy as ouer geroep. Nie een van ons het kinders grootgemaak vir hierdie digitale wêreld nie. Maar God het ons nou hier geplaas. Die vraag is eenvoudig: Wie leer jou kind aangaande God - wanneer jy nie daar is nie? Want iemand doen dit reeds.
- Begin waar jy tans is. Jy hoef nie ’n teoloog te wees nie. Jy hoef nie ‘n perfekte gesinsverband te hê nie. Maar jy moet teenwoordig wees. Eerste wees. Begin klein: lees saam, praat saam, vra vrae saam. Nie wanneer hulle twyfel nie—maar vóór dit. Want as jy nie die eerste stem is nie, sal jy later net probeer inhaal. En ouers, hierdie wedren is een wat jy nie kan bekostig om te verloor nie. Mag God ons wysheid gee, moed gee, en genade gee om weer ons plek in te neem as die eerste geloofsvormers van ons kinders.

