Matteus 21:33-46

Datum: 8 Oktober 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Die dissipels vra eendag vir Jesus: Waarom praat U in gelykenisse (Matt. 13:10)?

- Vandag is ek baie dankbaar oor die vraag!

- Jesus se gelykenisse is tegelyk onmiddellik toeganklik en eindeloos diepsinnig.

- Dis sy manier om te verduidelik hoe dit lyk waar God Koning is.

- Dit praat met sy omstaanders, en dit praat met ons vandag...

 

  1. Die Gelykenis

- Jesus se toehoorders het geweet waarvan Hy praat.

- Dis tegelyk ‘n verhaal van onderdrukking en onreg van beide kante.

- Dit was algemeen dat ‘n landeienaar laat boer teen minimale vergoeding.

- Dis ook ‘n verhaal wat ons magteloos verstom laat: Hoekom vat hy die kans met sy eie kind?

 

  1. Hierdie gelykenis praat met die Jode

- Hulle het geweet wie is die Eienaar wat sy plaas aan hulle uitgehuur het.

- Hulle was baie bewus van Profete wat oor eeue vermoor is,

- Maar dis nie waar die gelykenis stop nie...

 

  1. Ek en jy is die huurders...

- God het ons in ‘n verantwoordelike posisie geplaas.

- Ons moet boer, maar Hy bly die eienaar.

- In sy genade kom herinner Hy ons kort-kort daaraan.

- Verstaan jy nog wie God is, en wie jy is...?