21 September 2017
Die uitreik na Nuwerus maak nuwe energie los in ons Gemeente. Die uitreikspan gaan voer (mielies) vir die diere saamneem.
Ons vertel met dankbaarheid van die wonderlike gesindheid van De Eike se lidmate. Tot op hede het ons al reeds 2,2 ton voer wat ons einde Oktober 2017 in Nuwerus gaan aflewer. Kom ons kyk of daar 3 ton voer bymekaargemaak kan word!
Vir R200 per sak kan jy deel wees van dié projek. Betaal jou R200 by die kerkkantoor in. Jy kan ook ‘n internetbetaling doen sou jy dit so verkies. Onthou net asb. dat jy “NUWERUS VOER” in jou verwysing moet aanbring. De Eike se rekeningbesonderhede is Absa Tjek, Rek nr. 3010590069.
Johan Carstens is ons projekleier vir die kos-vir-diere. Kontak Johan by 083 628 0197 vir meer inligting.