Deur iets so eenvoudig soos die insameling van plastiekdoppies, “bread tags” en jogurt-houers maak ons ‘n verskil:

  • Aksie Samaritaan: Deur die insameling van jogurthouers help ons Aksie Samaritaan nie net om sop aan ons dorp se minder bevoorregte inwoners te gee nie, maar ook om Jesus se liefde en genade te deel. Vir meer inligting, besoek gerus hul Facebookblad by: https://www.facebook.com/Aksie-Samaritaan-110058643862013/.
  • Bread Tags for Wheelchairs: Met die insameling van broodknippies help ons om lewensverrykende rolstoele te skenk aan dié wat dit broodnodig het. In 2017 het ons selfs die geleentheid gehad om persoonlik twee rolstoele aan Ouma Leen en Ouma Grietjie van Nuwerus te oorhandig! Vir meer inligting oor die inisiatief, besoek gerus Bread Tags for Wheelchairs se webwerf by: https://www.breadtagsforwheelchairs.co.za.
  • Operation Smile: Deur vir Faircape Dairies te ondersteun met die herwinning van plastiekdoppies, dra ons by tot Operation Smile wat daarop fokus om kindertjies met gesplete verhemeltes en haaslippies verniet lewensveranderende operasies te gee. Vir meer inligting oor die wonderlike werk wat hulle doen, besoek gerus Operation Smile se webwerf by: https://www.operationsmile.org/content/south-africa/.