16 November 2017
Benedict Allen (58), ’n bekende Britse ontdekkingsreisiger word in Papoea-Nieu-Guinee vermis. Hy is drie weke terug diep die oerwoud in om met die Yaifo-stam kontak te maak, een van die min stamme wat nog geen kontak met die buitewêreld het nie.
Soms wonder ek of ons bereid is om te waag en ons lewens op te offer vir Jesus? Is ons bereid om verhoudings op te offer ter wille van Jesus? Ons besittings? Is ons bereid om gestuur te word, ongeag wat dit van ons gaan vra?
Om te waag is nie om blindelings in die oerwoud in te stap nie. Om te waag beteken dat ek bewus is van die gevare, maar dat ek na die Here se stem luister. Om te waag is nie om aandag te soek of om my ego te streel nie. Om te waag beteken om Jesus jou alles te maak EN Hom blindelings te vertrou.
Kom reis radikaal anders saam met ons na die 2018 landskap. As gestuurdes van die Here word meer van ons gevra as om net te ontvang. Is ek bang? Verseker! Is ek huiwerig? Definitief! Maar Handelinge 20:22-24 dring my om radikaal anders na 2018 te kyk en as gestuurde Jesus se taak wat aan my opgedra is, uit te voer.