10 September 2021
Liewe Gemeente
Ek en my 3 susters was hierdie naweek op my suster, Theresa Troskie, en haar man, se plaas in die Sneeuberg. Ons plan is om ‘n resepteboek saam te stel van ons Mammie se resepte. Toe ek my oë uitvee, speel ons sommer orrel op Murraysburg ook. En wát ‘n voorreg was dit nie vir óns en die Murraysburgers nie. Hulle het ‘n pragtige pyporrel wat in prof Albert Troskie se boek oor Pyporrels in SA verskyn, maar hulle orrelis is oorlede en vir ‘n paar jaar het hulle niemand wat speel nie. Ek wens julle kan sien in watter pragtige toestand hulle die orrel hou en jaarliks laat stem, ten spyte daarvan dat hulle gemeente ook oneindig swaarkry weens die pandemie. Onthou, dis ‘n boere-gemeenskap en dit was baie droog. Lees bietjie oor die orrel! En op die foto verskyn ek en my suster, Erna Rademan.
Ek wou dit net baie graag met julle deel. (Die resepteboek is darem ook in wording!)