31 Mei 2019

Liewe De Eike

Op Sondagoggend 16 Junie woon drie van my susters ons kerkdiens by De Eike by en ons kerkorrel gaan weerklink! Ons vier is die die dogters van George en Lizzie van Niekerk van Uitenhage en drie van ons is orreliste in ons onderskeie NG Gemeentes.  Die vierde suster, Theresa Troskie, is ‘n boervrou uit die Murraysburg-distrik en sy gaan die praatwerk doen.

Ds Chris Barnardo het hom gestaal vir hierdie vroulike aanslag en sien kans om met ons saam te werk en die Vadersdag-preek te lewer!

Ons speel ‘n halfuur vóór die diens, vanaf 09:00 – 09:30 ‘n voorspel.  Ons sal mekaar DV afwissel op die orrel en klavier en ook saam speel aan verskeie pragtige orrelwerke.  Die kerkdiens begin dan om 09:30. Die gemeente sal tydens diens kans kry om lekker saam te sing.

Wys asseblief vir my familie De Eike se gasvryheid en sit al 09:00 bankvas in die kerk.  Ons sal ons allerbeste lewer.

V.l.n.r.:  Karin Michau (NGK Ceres-Vallei), René Ferreira (NGK Kuilsrivier-De Eike), Erna Rademan (NGK Vredefort) en Theresa Troskie uit die Murraysburg-distrik.

Baie dankie, Hannes!

René Ferreira