28 Augustus 2020
Hallo Hannes
Ek wil graag hierdie in die e-nuusbrief plaas, vir wat dit werd is. As die “verkopers” instem, kan ons dit dalk op die whatsapp groepe ook laat plaas.
Liewe gemeentevriende
Ons almal weet nou al dat ons nie hierdie jaar ‘n normale basaar het soos van ouds nie. Ons het wel ‘n Roadhouse basaar, maar ek glo die fondse wat ons in, is maar min of meer ‘n derde van ons gewone inkomste. Ekself het reeds plante gekoop by Maranda van der Merwe (sy het altyd die plantstalletjie by die basaar), en ek het ook ‘n vriendin soontoe geneem vir verdere verkope. Daar was nie verdere reaksie op die kennisgewing in die e-nuusbrief nie.
Nou het ek gewonder, is daar nie nog mense wat gewoonlik ‘n tafel het, en reeds “produkte” voorberei het vir die basaar, wat uit die hand uit wil verkoop, met die inkomste vir die kerk nie?
Ek dink byvoorbeeld aan die naaldwerk-, denim-, kleinkoekie- en die beskuit-tafel, asook ingelegde produkte en konfyt. Daar is dalk nog baie meer, ook die dit- en dat-tafel?
Ek vra dat ons gemeentelede (die kopers, sowel as die verkopers) die kerkkantoor sal laat weet of julle sal bereid wees om so iets te doen – alles om ons gemeente se fondse aan te vul.
Daar kan dalk foto’s op ons facebook-blad geplaas word, sowel as in die e-nuusbrief, met die kontakpersone, waarop ons as kopers dan kan reageer.
Net ‘n gedagte. Hoor graag van julle.
Liefde-groete
Riëtta
Laat ons bietjie by jaburger@outlook.com weet wat julle dink!