13 November 2020
Hallo almal
Ons is maar nog steeds onseker op watter manier ons volgende jaar sal voortgaan met Kinderkerk, maar moet tog beplanning doen asof alles normaal gaan funksioneer.
Daarom neem ek die vrymoedigheid om te vra of daar enigiemand is wat graag by ons klasleierspan sal wil aansluit. Ons benodig een persoon, en hy/sy sal die graad 1 of graad 3 klassie neem, afhangende van sy/haar voorkeur.
Enige klasleier sal getuig dat dit werklik ‘n voorreg is om in die belangrikstes van God se Koninkryk te saai.
Let wel, geen klasleier hoef lesse uit te dink nie. Ons het ‘n baie gestruktureerde program, en jy word van alle materiaal voorsien.
Ek hoor graag!
Riëtta Odendal
0829040950 of r.odendal@mweb.co.za