26 Februarie 2021

Liewe kinderkerk ouers

Ek is opgewonde om te vertel dat ons ook nou op die aanlyn wa geklim het met kinder boodskappe, en ons hoop om ons kinders sinvol te bedien op dié manier.  Met die kwartaal wat verleng is, het almal reeds die aangepasde program ontvang per e-pos, en die meeste van julle kinders het ‘n pakkie ontvang met toepaslike aktiwiteite vir elke boodskap se vaslegging.  Ons heel eerste boodskap is “Geskep na God se beeld”, en word komende Sondag, 28 Februarie, deur Ds Chris behartig.  Behalwe die Kinderdiens op 14 Maart, word alle verdere boodskappe deur my behartig – volgens die program.  Kyk maar met sagte oë.  Dis ‘n eerste vir ons, ek moet my verbeelding baie erg inspan dat daar kinders voor my sit, en dit is natuurlik in ‘n “home brew studio” opgeneem met my selfoon in my eetkamer met Lize se tegniese bystand.  Lize was kameravrou, verhoogbestuurder en regisseur, ‘n “tall order”.  Ons bid dat die boodskappe vir ons kinders tot seën sal wees.

Die Video’s sal om 08:00 op die spesifieke sondag beskikbaar wees op ons webwerf kliek net hier om toegang te verkry.

Groete, Riëtta Odendal