20 November 2020

Liewe gemeentelede

KLEUTERKERK

Ons huidige Kleuterkerk koördineerder, Elsa Smuts, het bedank, en ek sê vir haar baie dankie vir die wonderlike werk wat sy gedoen het die afgelope jaar en 9 maande.

 

Natuurlik weet ons nog glad nie wat volgende jaar inhou ten opsigte van eredienste nie, ook nie wat die kinder erediens en kleuterkerk aanbetref nie.  Nietemin moet ons beplan, al moet ons later aanpassings maak.

 

Ons het ‘n redelike groot probleem by die kleuterkerk op die oomblik, en as ons dit nie kan oplos nie, sal ons nie kan voortgaan met die wonderlike bediening nie.  Verlede jaar het die kleuterkerk opnuut weggespring met nuwe materiaal, en is dit met groot vrug gebruik.  Die materiaal word aangebied vir kinders die laaste twee jaar voor skool, met ander woorde Graad R, en RR.  Anders gestel, dit is vir kleuters van 4 jaar wat in die jaar 5 word, en 5 jaar wat in die jaar 6 word.  Daar was 4 tot 5 klasleiers, wat baie gerieflik was, want elke leier was net min of meer een keer ‘n maand aan diens.

 

Die meeste klasleiers beweeg nou aan, omdat hulle eie kindertjies aanbeweeg na die kinderkerk toe.  Ons benodig dus 3 tot 4 klasleiers, asook ‘n koördineerder.  Die koördineerder hoef nie self die kleuterkerk by te woon nie, hy of sy is net oorhoofs verantwoordelik vir die presensielyste, klasleierbeurte, en algemene reëlings.

Hoor asseblief by die Here of Hy jou nie dalk roep vir hierdie uiters belangrike taak/e nie.  Jy hoef niks uit te dink nie.  Al die materiaal en hulpmiddels is tot jou beskikking.

Groete

Riëtta Odendal

0829040950

r.odendal@mweb.co.za