14 Mei 2021

 

 

 

 

 

 

 

 

Saterdag 29 Mei 2021 kom nou vinnig nader en heelwat bestellings is al ontvang vir die Roadhouse basaar.

As jy dalk wonder of twyfel oor hoe dit die oggend van die basaar gaan werk, verfris ons graag jou geheue.

  • Die bestellings kan vanaf 10:00 afgehaal word by die kerk.
  • Gebruik ingang in VAN DER HEEVER STRAAT
  • By die hek sal jy ‘n afskrif van jou bestelvorm ontvang van die dames wat daar aan diens sal wees.
  • Jy kry ook ‘n vlaggie met ‘n nommer op.
  • Parkeer jou motor en plaas die vlaggie op jou motor se dak.
  • ‘n Kelner (runner) sal jou bestelvorm by jou motor kom haal.
  • Hy/sy sal dan die bestelling gaan opmaak in die saal terwyl jy in die motor wag.
  • Jou bestelling word dan weer by jou motor afgelaai.
  • Maak seker dat jou bestelling reg is, sodat foute reggestel kan word vóórdat jy die kerkgrond verlaat.
  • Gee gerus vir die kelner ‘n fooitjie vir goeie diens.
  • Verlaat die kerkgrond deur die hek in PIONIER STRAAT.
  • Geniet jou kos by die huis.

Baie dankie vir jou ondersteuning.