14 Mei 2021

Ons is baie dankbaar dat ons vanjaar weer ‘n bees as geskenk gekry het en dus  lekker vleis kan verkoop. Daar sal maalvleis (500 gram pakkies) teen R40 en pakkies sopbene teen R5.00 beskikbaar wees die oggend van die Roadhouse basaar.

Geen bestelling en betaling vir vleis word voor die tyd gedoen nie. Wanneer jy jou Roadhouse bestelling kom haal (vanaf 10:00), plaas jy by die hek jou bestelling vir die vleis en betaal ook daar by die manne. Indien jy nie ‘n Roadhouse bestelling geplaas het nie, is jy natuurlik steeds welkom om net vleis te kom koop.

Soos die Engelse sal sê – “the early bird catches the worm”. Daarom het ons nie vanjaar die reëling soos verlede jaar dat die afhaal van bestellings volgens die alfabet gedoen word nie. Jy kan enige tyd kom, ongeag waar in die alfabet jou van is.

Dit gaan dus só werk:

  • Gebruik ingang in VAN DER HEEVER STRAAT
  • By die hek kan jy jou bestelling plaas by die manne aan diens en ook betaal.
  • Die maalvleis word beperk tot 5 pakkies per motor.
  • Jy sal ‘n bestelvorm en ‘n vlaggie met ‘n nommer kry.
  • Parkeer jou motor en plaas die vlaggie op jou motor se dak.
  • ‘n Kelner (runner) sal jou bestelvorm by jou motor kom haal.
  • Hy/sy sal dan die bestelling gaan opmaak in die saal terwyl jy in die motor wag.
  • Jou bestelling word dan weer by jou motor afgelaai.
  • Maak seker dat jou bestelling reg is, sodat foute reggestel kan word vóórdat jy die kerkgrond verlaat.
  • Gee gerus vir die kelner ‘n fooitjie vir goeie diens.
  • Verlaat die kerkgrond deur die hek in PIONIER STRAAT.

Baie dankie vir jou ondersteuning.