23 Mei 2019
Soos julle reeds weet, bied ons Senior Burger klub elke kwartaal ‘n uitstappie na die een of ander besienswaardigheid aan. Die Bestuur het besluit dat ons hierdie kwartaal na die Heart of Cape Town Museum in Kaapstad sal gaan. Hierdie museum beeld die eerste hartoorplanting in die geskiedenis deur dr. Chris Barnard uit. Diegene wat reeds die museum besoek het, vertel ons dat dit ‘n onvergeetlike ervaring is. Ons word deur die hospitaalsale, kantore en teaters geneem waar lewensgrootte poppe die personeel van destyds uitbeeld. Die toer deur die museum neem ongeveer 2 uur en vind op Woensdag
12 Junie 2019 plaas. Ons vertrek 09:30 vanaf die kerkgebou met een van Fairy Coaches se busse. Die uitstappie kos R100 per persoon. Belangstellendes moet asseblief hul name by die Kerkkantoor opgee met R100. Die museum kan nie ‘n groter groep as 60 persone op ‘n slag neem nie. Die eerste 60 persone is dus verseker van hul plekke. Ons gaan na die besoek aan die museum ‘n restaurant besoek waar elkeen op eie kostes iets kan geniet. Ons behoort tussen 15:30 en 16:00 terug by De Eike te wees.