15 Februarie 2019
Ons uitstappie dié kwartaal is na !Kwahttu(nee, dit is nie ‘n spelfout nie). !Kwahttu is
‘n San-nedersetting (Boesmans) langs die N7, ongeveer 80 kilometers vanaf Kuilsrivier. Besoekers word op sleepwaentjies geneem tot waar hulle eerstehands kan sien en ervaar hoe die San geleef het. Daar word net ‘n kort entjie gestap vir diegene wat ‘n probleem het met stap.(100m).
!Kwahttu is bereid om die toer vir ons teen halfprys aan te bied. Hulle bied ook ‘n middagete aan vir R100. Dui asseblief aan of jy ‘n wilds- of hoenderpotjie verkies. Drinkgoed en nagereg sal op eie rekening wees. Ons kry weereens die bus gratis. Seniors wat die toer wil meemaak, moet asseblief hul name by die Kerkkantoor ingee en die betaling doen.
Besonderhede is as volg:
Datum: Woensdag 13 Maart 2019
Afsnydatum vir besprekings: Vrydagoggend 8 Maart 2019
Kostes: R250 per persoon(Fooi vir busbestuurder en kelners ingesluit)
Die vertrektyd sal bevestig word, waarskynlik 08:30 – 09:00.