8 Februarie 2019

Die Bestuur van die Senior Burgerklub het op Dondermiddag vergader om die uitstappie vir die eerste kwartaal te beplan.  Ons het soveel voorstelle van lede ontvang dat dit moeilik is om ‘n keuse te maak!  Ons het besluit om eers die verskillende plekke te bel wat ons besig is om te oorweeg om verder uit te vind oor afslag vir senior burgers en groot groepe.  Kostes is ongelukkig ‘n faktor – van die plekke wat ons geskakel het is baie duur!  Die seniors sal dus ‘n bietjie moet wag voordat ons die uitstappie bekendmaak.  Ons teikendatum is 13, 14, of 15 Maart 2019.  Hou die spasie dop!

Johan Morkel