31 Oktober 2019

Die Senior Burgerklub se uitstappie die vierde kwartaal is na Spice Route naby die Paarl.  Ons bus vertrek om 09:00 op Donderdag 14 November 2019 vanaf De Eike se kerkgebou.  Daar is verskillende dinge te sien (en te proe!) by Spice Route. Senior burgers kan  besienswaardighede besoek wat hulle interesseer, bv glasblaas.  Kostes vir die onderskeie proeë is soos volg: sjokolade proe R35 tot R40, wynproe R40 – R95, Craft Bier (R50 – R75), roomys (5 soorte) R65.

Daar is verskillende restaurante waar besoekers kan gaan eet op hul eie koste.

Besoek gerus hul webwerf www.spiceroute.co.za vir meer inligting en die onderskeie restaurante se spyskaarte.

Besonderhede:

  • Ons vertrek 09:00 na Spice Route.
  • Gee asseblief jou naam op by die Kerkkantoor.
  • Kostes: R20. Ons wil graag iets vir Ilse (van Coach Fairy) gee en ’n fooi vir die busbestuurder.
  • Elkeen betaal self by die restaurant vir sy/haar middagete.

Johan Morkel