8 November 2018
Die Senior Burgerkub se uitstappie die vierde kwartaal is na die Planetarium in Kaapstad. Ons vertrek op 22 November 2018 om 09:00 vanaf ons kerkgebou per bus na Kaapstad. Ons gaan eers na die Waterfront waar ons by ‘n restaurant gaan “brunch”. Daarna gaan ons die Planetarium aan die bokant van die Tuine besoek. Ons afspraak by die Planetarium is 12:45 en hulle is bereid om die program(van 45 minute) vir ons in Afrikaans aan te bied! Daarna keer ons terug huis toe en vertrou ons gaan voor die ergste middag-verkeer terug by De Eike wees.
Kostes: R30 per persoon
Bespreek en betaal asseblief by die Kerkkantoor – gou maak – die bus is amper vol
By die restaurant betaal elkeen vir hom-/haarself.