24 Augustus 2018

Die Senior burger klub se uitstappie van hierdie kwartaal is na die Alpaca plaas buite Wellington(Klein Limietrivier).  Dit sal D V plaasvind op Donderdag 20 September 2018.  Ons vertrek weer soos gewoonlik 09:30 vanaf die kerkgebou en sal ongeveer 10:45 by die plaas aankom.  Op die plaas word alles wat alpaca-boerdery behels, vir ons gewys: die alpacas, stalle, weiding, weefmasjiene en die pragtig-gebreide produkte wat van die alpaca-wol gemaak word.  Die vrou(Linda) gesels baie ondernemend en interessant oor die plaas en die alpacas!

Daarna vertrek ons na die Toeka restaurant in Suider-Paarl.  Ons geniet middagete by Toeka.  Seniors burgers kan hul name by die Kerkkantoor ingee vir dié uitstappie. Middagete is Bobotie of Hoenderpastei en rys met ‘n groentegereg en braai-aartappel, malva- of sago-poeding en koffie.  Dui asseblief jou keuse aan.  Die uitstappie kos R150(alpacas R50, middagete R100).  Ons kry weer Coach Fairy busdienste gratis!  (Ilse, die eienaar van Coach Fairy, is ‘n lidmaat van De Eike)

Johan Morkel