16 April 2020

In vandag se moderne era word kontant al hoe minder as betaalmiddel deur veral die jonger generasie gebruik. Ek lees onlangs in ‘n e-pos vanaf die bank, dat die gebruik van tjeks ook teen die einde van 2020 heeltemal uitfaseer gaan word.

 

Daar is egter heelwat alternatiewe maniere om vandag  betalings te maak. Een daarvan is deur middel van Snapscan.  Daarvoor benodig jy ‘n slimfoon waarop die Snapscan app afgelaai is. Gaan na Apple se iStore of Google Play (afhangende van die tipe foon wat jy gebruik) en laai die app af.

 

Registreer jou bankbesonderhede op die app.  Wees verseker dat dit heeltemal veilig is. Niemand behalwe jyself sal ‘n betaling daarmee kan doen nie, want jy gebruik ‘n wagwoord.

 

Om ‘n betaling te maak, maak die app op jou foon oop en  scan die kerk se unieke QR kode wat hieronder verskyn. Die kerk se naam sal verskyn en jy vul bloot die bedrag in wat jy wil oorbetaal en versend. En die fondse word oorbetaal na die kerk se rekening. So maklik soos dit.

 

As jy nog steeds twyfel of sukkel om dit reg te kry, het Elmari (ons Fondse voorsitter) baie goeie raad – BEL ‘N TIENER VIR HULP.

 

In hierdie Grendeltyd het ek self ook al ‘n paar nuwe tricks op die rekenaar geleer. Wys jou net, mens is nooit te oud vir nuwe dinge nie.

 

Groete

Mariana