3 Julie 2020

Beste Chris, Hannes en Johan, NGK Kuilsrivier-De Eike kerkkantoor

Ek hoop en vertrou dit gaan goed met julle in Kuilsrivier t.m.v. al die nuwe uitdagings rondom die pandemie wat uitkring. Hier in Kobe is ons genadiglik gesond en steeds aan die gang by die kweekskool en kerklike bediening – met noodsaaklike aanpassings en voorsorgmatreëls in plek.

 

Soos julle weet is ons beplande besoek aan SA uitgestel na 2021, DV. Ons sou binnekort, Sondag 26 Julie, by julle gewees het. Indien dit moontlik is wil ek graag vra of julle steeds 5 minute in die erediens (hetsy aanlyn of in die kerkgebou) kan oophou om ’n video te wys oor ons werk en lewe hier – as terugvoer aan julle gemeente, asseblief? Ek het die video net voor die aanvang van die Covid-19 krisis gefinaliseer.

Sonder julle volgehoue ondersteuning as medewerkers is ons bediening hier onmoontlik.
Dra asb. ons groot dank en waardering aan julle gemeentelede oor. Ons gesels weer later vanjaar oor 2021 se moontlikhede, wanneer moontlik.

Baie seën en sterkte in hierdie tyd van onsekerheid en groot aanpassing. Ons is biddend in hart en gedagte deurentyd by julle.

In verbondenheid, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin

Kobe, Japan

www.missiejapan.co.za