12 Junie 2020
Kan jy dit nou oorvertel! Tannie Anna Jacobs van Othello het, 3 Junie, ‘n geseënde 90 jaar oud geword. Haar kinders het ‘n heerlike wegbreek beplan om haar groot verjaarsdag saam met haar te vier. Maar toe gebeur Covid-19 wat haar planne totaal verander. Sy beland toe letterlik op straat mer haar verjaarsdagkoek. Met die Aftree-oord se streng inperkingsreëls in gedagte, wou sy egter steeds haar vriende op een of ander wyse op haar verjaarsdag trakteer – en sy hèt! Sy het ‘n paar telefoniese uitnogings uitgestuur en hulle so na haar partytjie genooi. Die koek is op tafels in die straat voor haar huis uitgestal en gemasker en met handhawing van sosiale afstand, het almal gou geholpe geraak.
Sy was so slim om vir ons ‘n “vat en loop” partytjie te reël. So kon jy ‘n stukkie koek neem en by jou eie huis gaan koek en tee. Wys jou net weer: Agter die hoë mure en hekke is daar geen gebrek aan vars denke en innovasie by Othello se senior burgers nie.