6 Maart 2020
Lied 190 se derde vers bedink hoe geloof ons in staat stel om in ‘n verhouding met God te staan bo wat ons daarsonder kan begryp:
“U, oor alles God en Hoof, open oë van geloof, dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat: Bokant ons begrip, verstand, hou U al wat is in stand.”
Die boek Hebreërs vat ons op ‘n besondere geloofsreis deur die geskiedenis om die nou verhouding tussen geloof, hoop en liefde op ‘n aangrypende wyse te skets. Ons kan inderdaad nie sonder geloof in ‘n verhoding met God staan of sy getuies wees nie. Daarom waarsku die skrywer: “Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle groot belonging in. Wat julle nodig het is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het” (Heb 10: 35 – 36 Nuwe Lewede Vertaling) Dit is dan ook hierdie geloof wat ons help om vir die Here liefdeoffers te bring wat sy hart bly maak (Heb 13:16) – omdat ons glo en omdat dit ander inspireer om te glo. Lees hier meer