9 April 2020

Met Paasfees gedenk ons die feit dat Jesus se offer ons die ewige lewe laat erf. Jesus het sy vertroue in die Vader daadwerklik uitgeleef in sy gehoorsaamheid tot aan die kruis en daardeur oes alle gelowiges die lewe. In die boek Jakobus blyk dit duidelik dat God dieselfde van ons verwag. Jakobus gebruik Abraham as ‘n voorbeeld wanneer hy sê: “Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.” Geloof sonder gehoorsaamheid is dus onvolmaak. God se Woord maak nie net geloof in ons wakker nie, dit spoor ons ook aan tot aksie. Hoe meer ons God vertrou en gehoorsaam, hoe nader kom ons aan Hom en hoe nader bring ons ander na Hom – dus hoe groter is die oes. Lees hier meer.