24 September 2020

Grendeltyd het my baie geleer. Die tye was en is moeilik. ‘n Mens moet al vinniger hardloop om darem min of meer op dieselfde plek te bly. Oor die afgelope ses maande het ons mense agter geraak en dit voel kompleet asof  daar elke maand meer maand oor is aan die einde van ons geld. Om iets af te knyp om te gee vir ander is my passie maar die knyp raak al seerder.

 

Maar dit is nie net ek wat die knyp voel nie – die gemeente voel dit ook. Ons inkomste styg, maar stadiger as ons uitgawes. As ons saam met ons gemeente in die knyp is, dan moet ons besef dat die lewe vir armer mense nóg moeiliker is. Die nood raak al hoe groter – en ons roeping om iets aan daardie nood te probeer doen, gaan nie weg nie!

 

Juis daarom is De Eike se kerkraad baie, baie dankbaar vir elke lidmaat wat bydra. Dit is nie vir ons vanselfsprekend nie! Dankie dat julle met julle dankoffers sorg dat ons vir mekaar en vir ander mense kan sorg.

 

Oktober staan in die die NG Kerk bekend as Tiende-dankoffermaand. Julle word uitgenooi om almal biddend te besluit hoe ons in Oktobermaand kan gee uit ons dankbaarheid teenoor die Here.

 

Ek word herinner  aan ’n teks in 2 Kor. 9 en nooi jou om saam met my in biddende afhanklikheid te wag dat die Heilige Gees ons sal inspireer om ons dankbaarheid tasbaar vlerke te gee