26 Oktober 2018

Komende Sondag is dit ons Dankofferfees.

Ons Dank die Here terwyl ons ons seëninge tel.

ONS IS – DAADWERKLIK DANKBAAR

Hierdie dankoffer is jou kans om die Here te dank vir die ongetelde en onverdiende seëninge wat ons daagliks van Hom ontvang.  Ons dankkoeverte is `n manier waarop ons dankbaarheid op `n daadwerklike manier uitgespreek kan word.  Wees hierdie maand deel van hierdie ongelooflike dankseggingsinisiatief en neem jou koevert op hierdie Sondag  saam kerk toe.

Ons moet doelbewus hiervoor beplan en begroot (2 Kor. 9:5), en ‘n offer gee wat regtig tot eer van die Here sal wees (Deut 14:23) en wat ook volgens elkeen se vermoë is (1 Kor 16:2).

 

ONS IS  – DIENSBAAR DANKBAAR
Die Tiende-maand dankoffer help ons om by die kerk se jaarlikse begroting uit te kom.  Dit stel ons in staat om diensbaar in die geloof te wees en te kan uitreik na ons veelvuldige projekte.  Ons moedig elke gesin aan om hierdie Oktober hulle deel by te dra tot die eer van God en sy wonderlike werk.

“God hou baie van julle Dankoffer.   Vir Hom is dit soos ‘n wonderlike offer wat baie lekker ruik.   Niemand is en kan ooit so ryk en belangrik wees soos God nie.   Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het.    Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.”  (Fil 4:19  Die Boodskap)

 

ONS IS – DUIDELIK DANKBAAR
Daar is elke dag in jou lewe iets om voor dankbaar te wees – familie, vriende, geloof, gesondheid, liefde, geluk.  En hierdie gawes word onverdiend deur God aan ons gegee.  Met ons dankoffers kan elkeen duidelik wys hoe dankbaar hulle vir elkeen van hierdie gawes, en nog meer, is.