21 Oktober 2021
Ek herinner graag aan ons Tiendemaand-dankofferinsameling wat hierdie jaar op 31 Oktober plaasvind.
Die Tiendemaand-dankoffer is vir ons ‘n geleentheid om onsself opnuut aan die Here toe te wy – ook wat ons finansies betref.
Die laaste gedeelte van Deut. 14:23 sê ons moet ‘n tiende opsy sit, “sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer.”
Deur die Israeliete te leer om gereeld hulle tiendes te gee, herinner God hulle daaraan dat hulle rykdom en goeie oeste nie te danke is aan hulle eie voortreflikheid as boere nie, maar aan God se seën en Sy voorsiening. Wanneer die Israeliete dus ‘n tiende van die oes aan God terug gegee het, was dit om hulle dankbaarheid te betoon teenoor Hom van wie alle gawes in die eerste plek afkomstig is. Ons gee vandag steeds ons dankoffers as erkenning daarvan dat alles wat ons besit, ‘n gawe van God is.
Ons dankoffer is dus ook ‘n manier om ons dankbaarheid teenoor die Here te betoon.
Hoor gou wat sê ‘n mediese dokter oor dankbaarheid: daar is tien melaatses gesond gemaak in die Bybel, maar slegs een het teruggedraai en dankie gesê. Tien het gesond geword, maar slegs een het heel geword.