24 September 2020

Liewe ondersteuner

 

Hier is ‘n foto van ‘n erediens van die kerk in Mosambiek.

Weens die pandemie kon die gemeentetjies nie meer byeenkomste hou nie. Daar is egter nou weer ‘n geleentheid.

 

Pandemie getalle in Mosambiek:

Hier kan ons sien dat die getalle nie baie hoog is nie en dat daar ‘n afname of ten minste nie ‘n toename in aktiewe gevalle is nie. Weens onder andere die ekstremistiese aanvalle is daar rede om die getalle te bevraagteken. In die algemeen lyk dit egter asof die Pandemie nie so vernietigend in Mosambiek is nie.

Die skole is toegemaak en kerke is verbied om byeenkomste te hou. Dit opsig self het die plattelandse lidmate baie ontstel. Daar is nie ‘n manier om die internet te gebruik soos in RSA nie, want die internet is te duur vir die meeste mense en meestal het mense nie fone wat dit kan hanteer nie. Om die rede het die werk van die verskillende denominasies, veral op die platteland heeltemal tot stilstand gekom.

Nou het die regering die denominasies begin toelaat om met sekere voorwaardes, byeenkomste te hou. Daar mag nie meer as 50 mense kom nie en daar moet koors geneem word, hande gewas word en sosiale afstand gehandhaaf word. Daar moet ook badkamers wees.

Die IRM (Gereformeerde Kerk in Mosambiek) is baie opgewonde oor die geleentheid om weer eredienste te hou, maar loop hulle vas teen die pryse van termometers. Ons het toe koppe bymekaar gesit en ‘n plan gemaak. Dit moes so gou moontlik gebeur en daarom het die Getuienis kantoor vir ons die geld geleen sodat dit gekoop kan word. Die Tumbine sinode het besluit dat die volgende plekke die termometers kan gebruik:

Die sinode het reg gekry om termometers in die hande te kry vir 2500 Mt elk in Quelimane. Hulle het dit reeds bestel en wag daarvoor. Om dit te gaan haal kos hulle ook ‘n R700 ekstra.  Dit is dus 32 termometers teen 2500 Mt elk. Plus ‘n R700 om dit in Quelimane te gaan haal.

32* 2500 = 80 000 Mt. Met huidige ruilkoers werk dit uit op R18 800 en dan is daar nog die R700 om dit te gaan haal wat dan gee R19 500.

Ek het belowe om die behoefte bekend te maak om weer die lening aan die Getuienis kantoor terug te betaal.

Inbetalings kan gedoen word aan die getuienis kantoor se rekening:

Naam: NGK in sa (getuienis)

Bank: Nedbank

Rekening: 1135900280

Takkode: 198765

As verwysing: Tmeters

Daar word versoek dat u u naam sal bysit na die verwysing. Sit ‘n spasie in en dan u naam. As u egter anoniem wil bly, kan die naam uitgelaat word.

Die kantoor sal my op hoogte hou van hoeveel fondse ingekom het en dan laat ek weet.

Dankie vir u tyd

Danie Murray

En nog later weer van Danie:

22 September 2020

Liewe ondersteuner

Ek het die volgende foto’s uit Mosambiek gekry oor die aankoop en uitdeel van die termometers:

Ek sal meer presiese bedrae kry later, maar hulle het ongeveer 81 000 Mt van die Getuienis kantoor ontvang. 4000 is gebruik vir gaan haal en uitdeel. João Herbath het ook uit sy sak uit ekstra kostes vir vervoer gedek. Daar is op die ou end 28 termometers gekoop en sal binnekort verslag kry oor waar dit oral uitgedeel word.

Hulle is baie dankbaar en hiermee is die grootste struikelblok uit die weg geruim om weer byeenkomste te kan hou.

Vir inkomste sal ons eers later die bedrae kry, maar intussen het ek gehoor van inkomstes van ongeveer R13 700, van die R19 000.

Ek stuur bietjie later meer besonderhede.

Gebruik elke geleentheid wat die tyd ons bied, ook die swaar kry.

Seën

Danie Murray