28 November 2024

Liewe gemeente

Soos almal weet, het ons die Kinderkerk afgeskop in Augustus 2014, het vanjaar ons 10 jaar gevier, en het ek en Ds Hannes heelwat navorsing gedoen vooraf, hoe ons die Kinderkerk wou bedryf. Op die ou end het ons besluit om dit soos die Kinderkrans, later genoem KIX, te bedryf net op ‘n Sondag en nie ‘n weeksdag nie.

 

Ek gebruik steeds KIX se onderrigmateriaal, en omskep dit in ‘n “preek”, eerder genoem ‘n boodskap, elke Sondag, met gepaardgaande aktiwiteite. Ek ontvang al my materiaal vanaf die NG Kerk Jeugkantoor.  Komende jaar, 2025, gaan ons hele jaar handel oor Jesus Homself, in vier kwartale opgedeel, naamlik  Jesus se Woorde;  Jesus se familie;  Jesus se gelykenisse en Jesus se wonderwerke.

 

Ons projek volgende jaar is Aksie Samaritaan, en sal ek later meer inligting daaroor deurstuur.

 

Ek deel graag ‘n interessante brokkie oor die Kinderkrans/Kix.

 

KIX was voorheen die Kinderkrans van die NG Kerk wat in 1914 (wraggies 100 jaar voordat ons Kinderkerk gestig is) gestig is om kinders bewus te maak van diensbaarheid en sendingwerk.  In 2007 het die naam verander na KIX (Kinders in Christus).

 

KIX is nou meer as net Kinderkranstakke.  Die bediening is tans nie net in gemeentes nie, maar in skole, kleuterskole, nasorgsentrums, ens.  Oral waar daar deure oopgaan om kinders te bedien, is daar gelowiges wat die geleentheid aangryp om kinders te begelei op hulle geloofsreis.  KIX behou egter die primêre fokus van die ou Kinderkans, naamlik om kinders Bybelstories te leer, hulle te help om op ‘n prettige manier Jesus te leer ken, diensbaar te wees en ‘n hart vir sending te ontwikkel.

 

Hulle het ook onlangs nuwe materiaal ontwikkel vir die 3 – 5 jariges en dit word KleuterKIX genoem.

 

Natuurlik het ons gemeente ook vir jare lank ‘n Kinderkrans/KIX bedryf, maar met die kinders se baie buitemuurse aktiwiteite, en ‘n tekort aan KIX klasleiers, het dit doodgeloop, ook in die res van ons dorp.  Gelukkig kon ons sedert 2014 voortgaan met die bediening, en wel op ‘n Sondag.

 

Groete tot later

Riëtta Odendal