7 September 2018
As jy lus is vir avontuur of net ‘n breek van die lewe wil vat en kom stil raak in die teenwoordigheid van die Here, sal jy beslis die naweek van 12 tot 14 Oktober 2018 moet oophou om saam met die Junior Kerkraad op De Eike se heel eerste Senior kategese kerkkamp te gaan.
Die naweek gaan ‘n uitstekende balans van pret en lofprysing aan die Here saamvat. Die koste vir die naweek is slegs R400! Die bedrag sluit ook ‘n T-hemp in, wat die kategese tema van die jaar omskryf.
Kom wees deel van die pret en geniet die naweek saam met ons. Dit sal beslis die moeite en geld werd wees. Inskrywingsvorms is op ons webwerf www.ngkeike.co.za beskikbaar (Gemeentesake) of kry een by die kerkkantoor.
Jy moet beslis nie De Eike se eerste kerkkamp misloop nie!