21 Oktober 2021

My Mede-stryders

Dit is vir niemand vars nuus dat ons weens die pandemie, voel dat ons meer as ‘n jaar “verloor” het nie.  Ons Kerkkoor kon bv. glad nie oefen nie!  Maar, nou met die verligting van die reëls, én die feit dat ons met maskers aan in die kerk mag sing (met alle veiligheidsmaatreëls in plek), beteken dit dat ons Kerkkoor ‘n stewige eindpoging kan aanwend voor die Desembervakansie.

Ons beplan om elke Dinsdagaand van November om 19:00 in die kerk bymekaar te kom en net kersliedere te sing met die oog op die Kerssangdiens by die oggenddiens op 28 November.  Die Kerkkoor gaan dan DV deelneem aan die voorafsang.

As jy al baie gewonder het hoe dit sal wees om deel van De Eike se Kerkkoor te wees, is hierdie jou gulde kans.  As jy weet jy het ‘n sangstem en jy kan noot hou, gryp die kans  aan en kom oefen die maand saam met ons!  Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Koorgroete.

René Ferreira

Orrelis