26 Oktober 2017

Dis nou al ‘n hele paar jaar wat ons gemeente sorg dat daar elke Woensdagoggend ’n dominee of pastoor (ons het ‘n hele paar kerke en gemeentes betrek by dié aksie) by die speurders gaan om ’n kort boodskappie te bring. Die gedagte daarmee is dat ons uitreik na hulle om hulle te bemoedig vir hulle moeilike taak, en ons belangstelling en betrokkenheid by hulle te toon. Dit beteken vir die speurders geweldig baie en hulle het dit ook al so te kenne gegee.

Dit werk so: daar gaan elke keer ‘n lidmaat saam met die leraar, wat hom ondersteun en tegelykertyd wys dat hierdie aksie nie net ‘n dominees-ding is nie. In die praktyk beteken dit dat daardie persoon wat saam met die dominee gaan, hom die Dinsdagaand skakel om hom net te herinner dat dit sy beurt is om die Woensdagoggend die geleentheid waar te neem. Hy of sy kom laai dan Woendagoggend so skuins na sewe die leraar op en vergesel hom of haar na die speurders toe (daar is wel enkele van die leraars wat verkies om self te ry). So teen agt-uur kan jy dan al terug by die huis wees.

Op die oomblik beleef die bediening ‘n probleem, aangesien omstandighede ongelukkig so verander dat ons slegs twee persone is wat ry. Ons soek nog minstens 5 persone om ons te help. Hoe meer daar is, hoe minder is die ryery! As die Here dit op jou hart druk en jy belang stel om betrokke te raak, skakel my gerus by 021 982 0845 of 083 338 2003. Ek wag vir julle oproepe! Louis Hurter