13 April 2018
MUSSE EN SLAAPSAKKE PROJEK
Kom ons laat die penne klap en brei weer vanjaar almal saam !!. dit kan serpe, musse , handskoene of sokkies wees!!!
Wees deel van hierdie projekte. Alle gebreide items en komberse kan een maal per maand by die kerkkantoor van die NG Kerk Kuilsrivier ingehandig word (kantoorure: Maandae tot Vrydae tussen 08:00 – 13:00).
Saterdagoggend 19 Mei en 14 Julie 2018 vanaf 08:00 tot 14:00 gaan ons slaapsakke maak vir die haweloses sodat hulle lekker warm kan slaap tydens die koue wat voorlê. Dit geskied by die kerksaal van die NG Kerk Kuilsrivier – op die markplein. Ons nooi almal – oud en jonk, om te kom help. Daar sal vir elkeen ‘n werkie wees en ietsie om te eet en te drink.
Indien u ‘n grys kombers van ”Pep Stores” wil skenk sal dit baie waardeer word. Ons plaas dit binne die sakke sodat die plastiek nie op hulle lywe is nie. Komberse kan ook by die NG Kerk Kuilsrivier ingehandig word.
Fondsinsamelingsprojekte tans: Ondersteun en koop ons: Swartsakke, R30 vir 20 , goeie sterk sakke.
Pannekoek: elke Vrydagoggend teen R4. NG Gemeente Kuilsrivier, Kerksaal vanaf 08H00 tot 11H00.
GEDAGTE:
Om vir ander om te gee is ’n manier van omgee vir jouself. Die vrede en vreugde wat hierdie soort omgee vir die innerlike bring, verryk ons siele. Deur ’n liefdevolle omgewing te skep, verryk jy jou eie lewe. Die wonderlike gawes vir ons afgemeet, aanvaar ons met danksegging en gebruik dit om ‘n verskil te maak soos Jesus se opdrag in die Woord ons leer.
Waar nood is help gelowiges van ons gemeente, ongeag of hulle van die persoon se politiek, geaardheid, maniere en menswees hou. Loof die Here vir omgee mense van ons gemeenskap. Baie dankie vir julle betrokkenheid op hierdie manier.
Vir enige navrae kontak:
Sandra Meyer gekontak word by: 084 941 0622 of 021 903 4580
UITREIKGROEP – NG KERK KUILSRIVIER EN AKSIE SAMARITAAN
(Bostaande kennisgewing is deurgegee presies net soos ons dit ontvang het – Red.)