30 Julie 2021

Liewe Vrouelidmaat,

Jy mag dalk al gewonder het hoekom jy nog nie hierdie jaar ‘n Vrouedankoffer-koevertjie ontvang het nie.

Ons het besluit om nie hierdie jaar ‘n Vrouedankoffer-insameling te hou nie, aangesien die Vrouekommissie se aktiwiteite as gevolg van die Covid-pandemie baie aan bande gelê is en baie van die hoogtepunte op ons jaarlikse kalender noodgedwonge moet oorstaan na volgende jaar.

In hierdie buitengewone tye het die Vrouekommissie besluit om die beskikbare fondse te gebruik om die res van die kerk se bedrywighede te ondersteun, en ons wil alle vroue-lidmate aanmoedig om dieselfde te doen.  Hou gerus die Akker dop vir meer besonderhede van huidige en toekomstige fondsinsamelings wat deur ander kommissies en self sommige van die blokke geloods word.

Ons sien saam met jou uit na die volgende lekker Vroue-kuier!