3 Februarie 2023

Liewe De Eike Gemeente

Baie dankie dat julle my altyd so hartlik verwelkom en my sommer tuis laat voel.

De Eike is ‘n gemeente met “warm hart” mense!

 

Ons land is eintlik ‘n land met meer “warm hart” gewone mense as wat ons dink.

 

Ek ondervind dit veral met my Ons Mooi Dorp projek.

Die “mooi maak” van ‘n gedeelte van ons dorp is vir my baie belangrik.

Die omgewing waar ek woon en werk is deel van God se skepping wat ons moet onderhou.

Die planteryk is ook ‘n geskenk van God.

Ek kan my verwonder aan plante, hóé hulle groei en wat hulle behoeftes is sodat ons sielsvreugde in elkeen se uniekheid kan vind.

 

Die Kuils River Our Beautiful Town /Ons Mooi Dorp is my eie inisiatief. Ek word deur niemand geborg nie. En betaal meestal die drie helpers uit my eie sak.

Sonder hulle is daar nie ‘n projek nie.

 

Hardwerkend.

Lojaal.

 

Mag ek vra of daar in De Eike persone is wat gewillig sou wees om bv:

Kompos

Klippies

Boombas

te skenk?

 

My beursie is bietjie te dun om dit te koop.

 

Ons het sedert Mei 2022.

*450 meter Agapanthus en suurvygies geplant in Amandel Rylaan.

* Beddings gemaak op die hoek van Amandel en Koringblom

En

Amandel en Confettibush.

* Ons is tans besig om die area voor Soneike op die hoek van Amandel en Bottelary skoon te maak en vetplante daar te plant.

* Ons het al ‘n paar keer die gras in Amandel Rylaan gesny. Voor Sandalwood het dit op ‘n stadium hoër as die muur gegroei.

* Ons onderhou ook die groot oop area by Annandale straat. Die Boomaalwyn bedding.

 

Ons gee water deur kanne wat volgemaak word by Wilma Matthee en Ronel Burger.

Die waterryers laai dit af by die verskillende tuine en die drie helpers maak dan met die hand nat.

 

Indien daar enigiemand is wat die projek op watter manier ook wil ondersteun kan u met my skakel op 0832846959.

 

Ek sluit ‘n paar foto’s in van ons werk.

 

Groete

Lizette Wilson ?