8 Maart 2019
Daar is ’n taamlike debat oor die doop nadat die NG Kerk ’n dominee die trekpas gegee het oor sy standpunt oor die grootdoop.
Een van die briewe wat in Netwerk24 gepubliseer is, het my oog getref. Miskien kan ons gerus lees wat die skrywer op die hart het. Ek haal aan.
Met die bekeringsdoop/weerdoop is jy as mens gewoonlik in die middelpunt. Dit gaan dan oor:
EK het my bekeer;
EK het my lewe verander;
EK het my hart vir die Here gegee;
EK het…..
Die “EK HET” staan voorop en die Here is die toehoorder van wat jy besluit het en die onderdompeling is die teken wat jou besluite bevestig.
In die verbondsdoop gaan dit oor GOD wat handel en belowe:
EK het jou lief!
EK het jou verlos;
EK maak beloftes aan jou;
Die doop, klein of groot, is dan die teken van wat God belowe en doen. Die mens ontvang alles net deur genade van Bo.
Deur jou oor te laat doop, beteken dat jy vir die Here sê:
“Ek aanvaar nie meer wat U belowe het toe ek klein was nie. U moet asseblief weer belowe.”
Dan is sy Woord en beloftes nie vir jou tydloos waar nie en beledig jy die Here.