15 Augustus 2019
Liewe Mevrou en Mejuffrou,
Ek wil jou gou daaraan herinner dat jy belangrik is in God se koninkryk en dat jy ráákgesien word in die NG Kerk. En ook nie net in Vrouemaand nie! Daar is selfs ‘n permanente Taakspan vir Vrouebediening op Sinodale vlak.
Die nuusbrief wat hierdie taakspan opstel is só propvol pitkos, dat ons dit graag met ons vrouelidmate wil deel. Klik hier vir die #WAAGMOEDIGwees nuusbrief. Onder in hierdie nuusbrief is ook ‘n skakel na die Interaksie skakelbrief wat vertel waarmee Vrouebedieninge in die Wes-Kaap alles besig is.