23 November 2017
Hierdie is ‘n fotobeeld oor ons naweek uitreik na Nuwerus; ek hoop dat as jy hierdeur blaai, jy iets van Jesus se teenwoordigheid sal ervaar. Dis ‘n informele blad, so Ds. Chris Barnardo is in alle liefde Chris. Waar het dit alles begin? Hoe het ons by Nuwerus uitgekom, wil jy ook seker weet?
Tydens Feb 2017 se belydeniskamp by High Africa, het daar by die belydenisklas die behoefte ontstaan om meer te doen as net die kamp. Hulle wil iets gaan doen, iets vir Jesus as ‘n groep. Chris het toe met die gedagte gekom “ons gaan Nuwerus toe”. “Waar is Nuwerus, Oom?”, wou almal weet. Ons almal wat daar gekamp het, was baie opgewonde oor die gedagte. 20 Oktober 2017 het die gedagte waar geword. Kliek hier om te lees.