31 Julie 2020
Een van die goeie dinge van Grendeltyd, is dat dit ons daaraan herinner dat elkeen van ons ‘n persoonlike verantwoordelikheid vir ons geestelike groei het. Daarom was dit vir my so mooi om weer te hoor hoe lidmate moeite gedoen het met verlede week se Nagmaal, en vir hulleself ‘n gewyde geleentheid ingerig het wat vir hulle baie beteken het, soos op die foto hiernaas. Wonderlik!