6 Augustus 2020

‘n Dankbare vrou kan uitgeken word aan die volgende eienskappe:

  • Sy is altyd dankbaar vir die oorvloedige seëninge in haar lewe.
  • Sy bewys altyd haar waardering aan diegene wat haar help.
  • Sy verkies om te fokus op dÍt wat sy het, eerder as op dÍt wat sy kortkom.

(uittreksel uit ‘n artikel deur Chanèle McFarlane)

In Augustus-maand vier ons ons vrouwees.  Ons is tog dankbaar om vrouens te wees en/of om vrouens in ons lewens te hê.

Dit is ons gebruik om in Augustus ‘n Vrouedankoffer op te neem.  Ons kan nie hierdie jaar van Vrouedankoffer-koevertjies gebruik maak nie, maar wil steeds graag ‘n Vrouedankoffer-insameling hou.  Bydraes kan wel per EFT of Snapscan gemaak word – gebruik asseblief die verwysing “Vroue”.

Fil. 4:18 – “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.”