19 April 2024

Riëtta vertel:

By die Kinderkerk het ons ‘n groot glasfles waarin ons dankbaarheidsbriefies ingooi vir Jesus.  Ek het dit onlangs ‘n bietjie leeggemaak, en die volgende gevind.

 

Waarvoor sê ons kinders dankie?

  • Om te kan lewe
  • Dat Jesus by ons is
  • Mamma en Pappa
  • Om kerk toe te kom
  • ‘n Bed
  • ‘n TV
  • ‘n Huis
  • Klere
  • Geld

 

Briefies : “Here, dankie vir ‘n ongelooflike familie en vriende.  Dankie vir al die seëninge.  Amen.”

“Be my valentine.  Thank you for being my friend”

 

Kosbaar