24 Oktober 2019

Liewe gebedsvriende

Op Sondag 20 Oktober het Libanon se eerste minister, Saad al-Hariri op ’n reeks hervormings met regeringsvennote ooreengekom om ’n ekonomiese krisis, wat landswye protesoptrede tot gevolg gehad het, te verlig. Die betogings het ten doel om die regerende elite, wat beskou word as deurspek met korrupsie en nepotisme, te ontsetel. Betogings het dwarsdeur die land geleidelik uitgedy nadat mense Donderdagaand [17 Oktober] die strate ingevaar het na aanleiding van ’n voorgestelde belasting op WhatsApp-oproepe (en ander boodskapdienste), wat toe ’n metamorfose ondergaan het om korrupsie in die regering en ekonomiese wanbestuur in te sluit.

Die voorgestelde reeks hervormings vereis ’n vermindering van 50% in die salarisse van huidige en voormalige presidente, ministers en LP’s plus besnoeiing in voordele vir staatsinstellings en amptenare. Dit verplig ook die sentrale bank en private banke om $3.3 miljard by te dra om ’n “byna nul tekort” vir die 2020-begroting te bewerkstellig.

Betogings was grootliks opgewek en lewendig omdat betogers hoop om positiewe verandering van hul regering te sien. Mense van alle ouderdomme en gelowe het patriotiese liedjies gespeel en in die strate gedans, met sommige wat bymekaar ingehaak en gedreunsing het dat hul leiers ontsetel moet word. Die beëindiging van buitensporige korrupsie bly ’n sentrale eis van die betogers wat sê dat die leiers van die land hul posisies gebruik het om hulself al dekades lank te verryk deur voordelige transaksies en gunslone. Baie het die regerende elite die skuld daarvoor gegee dat hulle hul kinders uit Libanon verdryf het omdat hulle nie daarin kon slaag om ’n land op te bou wat werksgeleenthede kon skep nie.

Libanon het ’n baie unieke godsdienstige/politieke stelsel: in die Libanese parlement beklee Libanese Moslems en Christene elk 64 setels. Die Maroniete beklee 34 setels, die Oosters-Ortodokse kerk 14, die Melkiete 8, die Gregoriaanse Armeniërs 5, die Katolieke Armeniërs 1, die Protestante 1, en ander Christelike minderheidsgroepe gesamentlik 1. Libanon het per capita die grootste hoeveelheid Christene van al die Midde-Oosterse lande en is na raming so hoog as 40%.

Bid asseblief saam met ons vir Libanon, veral vir die Kerk, dat hulle mense se oë op Jesus sal vestig gedurende hierdie onsekere tye.

“Hoe groter die moeilikheid is, wat oorkom moet word, hoe meer sal mens – tot eer van God – kan sien, hoeveel deur gebed en geloof vermag kan word.” (George Müller)

Saan in Sy diens

Donnelly McCleland