26 April 2018

Inleiding

Ons kinders gaan in hulle lewens na baie woorde moet luister. Hulle word van alle kants af daarmee gebombardeer: woorde van ’n onderwyser, ’n predikant, ’n baas. Woorde van vriende en familie…

Maar niks van hierdie woorde is naastenby so belangrik soos jou woorde as ouer nie. Daarom wil ek graag in hierdie gesprek fokus op sekere belangrike woorde of boodskappe wat kinders by jou móét hoor. Dit sal hulle baie help om die mens te word wat God hulle bedoel het om te wees.

  1. Ek glo in jou…
    ‘n Kind wat weet sy of haar ouers of voog glo in hom, ontwikkel selfvertroue. Kinders wil weet wat hul ouers van hul dink. Elke kind wonder “Het ek dit wat nodig is om dit te maak as ‘n man of vrou in die lewe?” As jy as ouer nie daardie vraag helder en duidelik antwoord nie, sal kinders bly soek na antwoorde – en soms by verkeerde mense en op verkeerde plekke. Dit geld vir jong kinders, maar natuurlik eintlik vir ons almal. Selfs ouer persone het nodig om van hulle ouers te hoor dat dié hulle vertrou. Onthou daardie woorde van vertroue!

 

  1. Ek is jammer vergewe my!
    Kinders leer deur na te aap en na te doen. Wanneer jy as ouer suinig is met die jammer en vergewe woorde, leer jy jou kinders nie die vermoë om foute te erken, te bely en vergifnis te vra nie. Natuurlik maak ons maak ook foute – laat ons kinders sien dat ons nie net verskonings daarvoor aanbied en maak asof dit ons reg was om so op te tree nie.
  2. Nee!
    Dis ‘n baie belangrike woord wat kinders baie nodig het om dit te hoor. Dit help kinders om later in situasies “nee” te kan sê vir versoekings wat oor hul pad kom of vriende wat hulle in versoeking lei.
  • Onthou:
    Kinders sal grense altyd toets. Daarom is dit so belangrik dat jy genoeg omgee om vir hulle grense te stel.
    • Neem aksie en wees beslis [navorsing bewys ouers praat 9x voordat hulle optree]
    • Moenie reaksie vrees nie.
  • Wees konsekwent. Moenie verras wees as jou kind nie in die openbaar luister as jy nooit by huis optree nie.
  • Leer hom/haar gehoorsaamheid en jou kind sal dit eendag regkry om aan God se Woord ook gehoorsaam te wees.

 4.Ek is lief vir jou..
Tye het verander, maar dis die een ding wat jy nooit genoeg kan sê nie. Daarom behoort jy elke telefoon gesprek met jou kind af te sluit met “lief vir jou.” En hoekom sê ouers dit? Want hulle wil dit terughoor! Maar so wonderlik soos dit is, en so belangrik soos dit is dat kinders dit moet hoor, is die antwoord wat ek eintlik moet terugkry nie soseer “Ek is lief vir Pappa of Mamma ook” nie… dis veel eerder “Ek glo dit pappa!

‘n Uitdaging: Volgende keer as jy dit weer vir jou kind sê, kyk mooi na sy of haar reaksie! As hulle jou nie in die oë kyk nie, moet jy weet dat hulle jou nie regtig glo nie.Dan sal jy baie hard hieraan moet werk. My kind moet gereeld hoor dat ek hom of haar liefhet,” – maak nie saak wat jy doen nie, maak nie saak waar jy gaan nie. Ek sal altyd lief wees vir jou!

SLOT

Kom ons gebruik die handleiding waar soveel waarhede oor ouerskap in geskryf is. God se Woord. En kom ons gebruik God se voorbeeld en sê gereeld: Jy is ‘n kind so na my hart!