16 Oktober 2020
Goeie Nuus!
Gedurende hierdie uitsonderike jaar, kan ons tog iets besonders aanbied! Met die verslapping van die inperkingsbepalings word ons toegelaat om bymekaar te kom!
Vanjaar hou ons DV op 19 Nov die 10de De Eike wynveiling by Kaapzicht-plaas.
Hierdie is ‘n mees uitsonderlike geleentheid: Die Kosie Steenkamp-gedenkwynveiling. Want Kosie was en is tot met sy skielike heengaan, die hart en siel van die veiling!
Dirkie Morkel skryf soos volg oor die Kosie Steenkamp-gedenkwyn:
Ons dra graag vanjaar die beste Vat 5-wyn tot dusver (2019) aan Kosie op. Die kwaliteit van ‘n versnitwyn word bepaal deur sy onderlinge komponente. Elke kelder het vanjaar sy heel beste wyn geskenk ter ere van Kosie. Die kultivars in hierdie versnit vul mekaar onderling aan en elkeen maak ‘n beduidende bydrae tot die gehalte van die eindproduk, ‘n meesterstuk. Sommige verskaf struktuur, ander weer kleur, geur, vrug en finesse, tesame is hulle beter as die individuele komponente.
Kosie was ‘n unieke mens en vriend, nie a.g.v. slegs een besonderse karaktertrek nie, maar verskeie, net soos kultivars in ‘n versnitwyn. Kosie se opregte geloof, eerlikheid en nederigheid, het die “struktuur” (simboliese Cab.S.) geskep, waarbinne sy gasvryheid, humor, vriendelikheid en dankbaarheid kon gedy. Daarmee het hy sy medemens gedien en vermaak, net soos wat hierdie 2019-wyn sy gebruikers gaan verras, bederf en laat onthou…….
Kaartjies vir die veiling is by die Kerkkantoor te koop @ R200pp. Die plekke is beperk – dus indien jy nog nie deur ‘n tafelhoof ‘n sitplek het nie, skakel gerus vir Elmarie by die kerkkantoor op 021 903 3818 of epos (info@ngkeike.co.za) so gou moontlik vir ‘n bespreking.
Francois Cillié
083 627 6578