24 Oktober 2019

Baie dankie aan almal wat ‘n genoeglike wynveiling moontlik gemaak het:

  • Die tafelhoofde wat gesorg het dat daar genoeg mense is om dit te geniet en blymoedige kopers te wees.
  • Almal wat wyn geskenk en versamel het. Besondere dankie aan Louis Coetzee, Pieter Combrinck, Madré en Hanro Kotzé en die Bottelaryboere:  Dirkie Morkel, Pieter Bestbier, Kosie Steenkamp, Danie Steytler (snr en jnr), Tielman en Louis Roos (en ook André Kruger).
  • Adriaan en Retha Rix van Wellington wat vir heerlike kos gesorg het.
  • Hester Hill en ‘n klomp knap dames (oa Bottelary se Bybelstudiegroep) wat die tafels gedek en pragtig versier het.
  • Tim Burrows en Cathy Fullard (met Sonja en George) wat ‘n deurslaggewende groot aandeel in die sukses gehad het.
  • En dankie ook aan nog ‘n klomp helpers, oa Chris en Riana van Niekerk en hulle kinders, André Shaw en sy familie, en nog baie ander.

 

Die een ding wat De Eike se veiling uniek maak, is die vat versnit rooiwyn van die vyf produsente uit die Bottelary.   Die vat word in 300 bottels gebotteleer, met die etiket VAT5.   Dit was vanjaar die negende jaar van die unieke samestelling.   Aanvanklik is dit by die veiling as ‘n eenheid aangebied.   Toe was die hoogste prys in die omgewing van R35 000.   Verlede jaar het die 276 bottels VAT5 gemiddeld R335 per bottel gehaal.   Vanjaar was die gemiddelde prys ‘n rapsie oor R380 per bottel!

 

Ons het vanjaar minder tafels (10 mense per tafel) gehad – 17 teenoor 19 verlede jaar.   En daar was minder wyn aangebied.   Maar nogtans is die opbrengs van die veiling ongeveer dieselfde R254 000 teenoor R264 000 in 2018.   Dit bly ‘n wonderwerk!

 

Die belangrikste is egter dat ons die Here dank, en ook op hierdie manier ‘n offer tot sy eer bring!

 

Francois Cillié       
Sameroeper