24 Mei 2018
Die Othello Bybelstudiegroep het op Woensdag 23 Mei vir die eerste keer byeengekom. Omdat die eetsaal reeds bespreek was, het ons by Phillie en Elize van Wyk se huis bymekaar gekom. Ons was 18 lede en Phillie-hulle se huis was omtrent vol! Ons het met die Bybelstudie wat Hannes oor Matteus geskryf het, begin. Dit was vir ons almal ‘n besondere ervaring, veral vir dié van die groep wat vir die eerste keer in hul lewe ‘n Bybelstudiegroep bywoon! Ons is die Here so dankbaar dat Hy beskik het dat ons nog ‘n kleingroep in De Eike kon begin en dat daar soveel belangstelling en energie is! Ons bid dat die Here ons as groep deur sy Woord sal begelei om beter volgelinge van Hom te wees. Die lede van die groep sien uit na die volgende byeenkoms op 13 Junie. Interessante nuus is dat ons in die toekoms in die kroeg by Othello se hoofgebou gaan bymekaarkom. Dié vertrek is eenkant en ruim genoeg om ons te huisves. Ons sal die eerste Bybelstudiegroep wees waarvan ek weet wat in ‘n kroeg bymekaarkom!
Johan Morkel
‘n Paar foto’s van hierdie wonderlike geleentheid kan op ons webwerf gesien word – kliek hier.