Kleuterkerk: 15 Besige Bye vir Jesus Ouderdomme 3 tot 6 jaar.

Ons kleuters woon getrou Sondae die Kleuterkerk by. Ons is dankbaar teenoor elke ouer, wat so mooi hul doopbelofte nakom. Die ouers laat weet getrou, indien hul kleuters nie Sondae teenwoordig kan wees nie.   Die kleuters woon die Kleuterkerk sonder hul ouers by. Hul het mooi aangepas, en hul is in roetine. Ons volg ... Lees verder

VGK Koelenhof het ons genooi na hulle Jeugdiens op 17 Maart 2024

Wat ‘n genade! As Jeugkommissie bou ons al van Maart 2022 ‘n verhouding met VGK Koelenhof. Dis ‘n voorreg om die oggend weer daar in hulle kerk se banke te sit en terug te dink aan die pad wat ons saam geloop het. Ek besef ook hoe belangrik dit is dat ons ons stories vertel ... Lees verder

Waaroor is De Eike se kinders dankbaar?

Riëtta vertel: By die Kinderkerk het ons ‘n groot glasfles waarin ons dankbaarheidsbriefies ingooi vir Jesus.  Ek het dit onlangs ‘n bietjie leeggemaak, en die volgende gevind.   Waarvoor sê ons kinders dankie? Om te kan lewe Dat Jesus by ons is Mamma en Pappa Om kerk toe te kom ‘n Bed ‘n TV ‘n ... Lees verder

Kerstyd en die kinderkerk.

Riëtta:  Ons Kerssangdiens was hoendervleis mooi, en veral vir my spesiaal met die kinders se deelname. Slegs 11 van ons 73 kinders het deelgeneem, maar daardie 11 dissipels was super opgewonde en ywerig. Twee Saterdagoggende is daar by die kerk geoefen – dankie vir die mammas se vervoer – en ook ‘n intense oefening tydens ... Lees verder

Nuus uit die Jeugkommissie

Nuus uit die Jeugkommissie Ons Jeugkommissie het ‘n paar Saterdae gelede ‘n volledige beplanningsessie gehad vir 2024. En tipies van ons 5 vrolike dames, vir 5 en ‘n half ure vergader, pure lekkerte.  Dit was lank, en dit was prettig, en nou het ons planne!   Nuus uit die kinderkerk So ‘n paar Sondae gelede ... Lees verder

Bietjie nuus vanaf die Kinderkerk

Ons tema hierdie jaar is “Oppad met Jesus”, met subtemas per kwartaal : 1 “Leer ken vir Jesus” – Die Bybel;  2  “Glo in Jesus” – Geloofsekerheid;   3 “Praat met Jesus” – Bid en  4 “Vertel van Jesus” – Getuig.   Gedurende kwartaal 3 het ons weekliks gesels oor “Hoe praat ek met Jesus?”  “Hoekom ... Lees verder

Briefies uit die Kinderkerk

By die Kinderkerk doen ons, ons bes om die kinders regtig lief te maak vir Jesus/God en die Bybel, en weet ‘n mens nie altyd hoe die boodskappe insink nie.  Ons tema hierdie kwartaal is “Leer ken vir Jesus”, waar ons die waarde van die Bybel, en die vaslegging van die Bybel beklemtoon, op allerhande ... Lees verder