Kinderkerk se Aksie Samaritaan Projek

Liewe gemeente Soos almal sekerlik kennis geneem het, ondersteun die Jeugkommissie hierdie jaar vir Aksie Samaritaan, en meer spesifiek die 30 kinders wat Sondae die containerkerk bywoon vir Sondagskool. Ek het reeds in ‘n vorige Akker hulle behoeftelys uiteengesit. Die Kinderkerk kinders van De Eike bring elke Sondag fluks hulle R5’e, en het ons rekening ... Lees verder

AKSIE SAMARITAAN deur Jeug

Soos genoem, het die Jeugkommissie wat insluit die Kleuterkerk, Kinderkerk, Senior Kategese en Belydenisklas, besluit om Aksie Samaritaan as ‘n projek te ondersteun gedurende 2025, en spesifiek die 30 hawelose kinders wat op Sondae, Sondagskool bywoon.  Trouens, ons het alreeds ‘n gedeelte van ons fondse wat deur die kinders weekliks bygedra word, geskenk vir Aksie ... Lees verder

‘n Bietjie nuus vanuit die Kinderkerk

Registrasiedag is afgehandel op 19 Januarie, en het glad verloop.  Dankie vir Tim en Elmarie vir die voorbereiding van die saal.  Die Kinderkerk se lede staan nou op 66. 5 Nuwe sieletjies het aangemeld by graad 1, 15 Sieletjies in graad 6 het ons verlaat, en het nou aangemeld by Senior Kategese. Daar het ook ... Lees verder

Waag dit om Jesus te deel

Dis ons eerste Senior Kategese ontmoeting op Sondag, 26 Januarie en geopende deure besoek ons om te vertel van hulle organisasie. Ons het sopas Janine Williams se boodskap gehoor oor hoe ons God se heerlikheid moet uitstraal en geleer van die Jubeljaar waar almal vry gekoop is. En toe vertel Johan, spreker van geopende deure, ... Lees verder

Uit die Kinderkerk

Liewe gemeente Soos almal weet, het ons die Kinderkerk afgeskop in Augustus 2014, het vanjaar ons 10 jaar gevier, en het ek en Ds Hannes heelwat navorsing gedoen vooraf, hoe ons die Kinderkerk wou bedryf. Op die ou end het ons besluit om dit soos die Kinderkrans, later genoem KIX, te bedryf net op ‘n ... Lees verder

Kinderkerk 10 jaar oud

Liewe gemeente   Moeilik om te glo, maar ons Kinderkerk het wraggies hierdie jaar ons 10 jaar mylpaal bereik.  Ek kan nog goed onthou hoe ons inligting ingewin het om ‘n Kinderkerk erediens te begin, en ek en Hannes het selfs ‘n gemeente in Tableview besoek om te sien hoe hulle dinge doen.  Op die ... Lees verder

Nuus uit die Kinderkerk

Hierdie kwartaal behandel ons Kinders van die Bybel, en verlede Sondag het dit meer spesifiek oor Dawid gegaan.  Komende Sondag sal dit die seuntjie wees wat sy broodjies en vissies gedeel het. Ons sentrale tema was dan ook dat God nie na die uiterlike kyk nie, maar wel na die innerlike.  Hy het Dawid ook ... Lees verder

Verlede kwartaal se Kinderkerk-afsluiting

Ek vertel sommer van ‘n lekker pretdag wat ons gehad het om kwartaal 2 af te sluit, met ‘n lekker Noot vir Noot – sien foto’s. Ek stel ‘n Noot vir Noot op amper net soos die regte een, met riglyne wat ons jaaaaaaaare gelede (1998) van die Kinderkrans gekry het.   Daar is liedjies ... Lees verder

Kleuterkerk: 15 Besige Bye vir Jesus Ouderdomme 3 tot 6 jaar.

Ons kleuters woon getrou Sondae die Kleuterkerk by. Ons is dankbaar teenoor elke ouer, wat so mooi hul doopbelofte nakom. Die ouers laat weet getrou, indien hul kleuters nie Sondae teenwoordig kan wees nie.   Die kleuters woon die Kleuterkerk sonder hul ouers by. Hul het mooi aangepas, en hul is in roetine. Ons volg ... Lees verder